top of page
alicia_highres_crop6.JPG
alicia_highres25.JPG
alicia_highres25.JPG
alicia_highres37.JPG

“Ek kan met absolute sekerheid en grootste glimlag vir Alicia aanbeveel!

Ons het nie eers in dieselfde dorp as Alicia gewoon nie, maar sy het vir my en my seuntjie AANLYN ondersteun met sy spraak en voedingsuitdagings!

 

Sy het my stap-vir-stap geleer hoe om my seuntjie van 18 maande te help en bemagtig.

 

Haar geduld en behulpsaamheid, net wanneer ons haar nodig gehad het, het vir hierdie moederhart die grootste rustigheid en verligting gebring. Om nie eers te praat van al die tegnieke wat ek by haar geleer het nie!”

 

-Elsa Cronje, Stilbaai, Western Cape

Image10.jpg
alicia_highres_crop11.JPG
alicia_highres21.JPG
alicia_highres_crop11.JPG

“My dogtertjie van 6 jaar oud doen aanlyn klasse by Alicia! Sy sien elke week so uit na haar klas, dat sy nou die dag gevra het of ons elke dag kan klassies doen

 

Alicia is ongelooflik geduldig! Ek geniet veral die aanlyn klas, want ek’s teenwoordig en kan dan ook sien waarmee my dogter sukkel.

 

Ek kan met die grootste liefde vir Alicia aanbeveel vir enige mamma wat sukkel om ‘n Spraakterapeut te in hulle dorp te vind.

 

Die lesse is so mooi aangepas vir aanlyn. Ons is ongelooflik dankbaar!“

-Liezl Haus, Jeffreys Bay, Eastern Cape

bottom of page